Dra mekaar se laste.


Teks: Galasiërs 6:9 –
'Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.' 
 
In Lukas 10:25-37 vertel Jesus ‘n gelykenis aan Sy dissipels – en elke gelowige – van ‘n Samaritaan wat ‘n Hebreeuse man in nood help. Die Samaritaan was opreis en het geen ooglopende rede gehad om die man te help nie...maar hy stop; behandel sy wonde; en verseker dat hy versorg word tot hy gesond is.
 
Ons vra baie keer: Tot in watter mate moet ons iemand in nood help? Moet ek dit ten koste van myself en my gesin doen? Wanneer kan ek “ophou” en weer na myself kyk?

Galasiërs 6 beskryf hoe ons mekaar se laste kan dra. Dit vra nie dat ons alleen ons eie en ander se uitdagings moet aanpak, dra en oorkom nie. Die gedeelte beklemtoon eerder dat ons deur die Gees gelei moet word. As gelowiges moet ons geestelik in-voeling wees met mekaar; nederig en dankbaar wees teenoor God; bewus wees van ons eie menslikheid en tekortkominge.
 
Ons sal nie moeg word nie, maar versterk word in die wete dat ons krag van God kom. Ons sal nie verslap nie, want ons maak nie op ons eie krag staat nie. Dan sal ons, ons lewe lei tot God se Koninkryksoes en tot Sy eer.
 
Gebed: Here, gee ons vandag ons daaglikse brood; vergeef ons, ons oortredinge; lei ons nie in die versoeking nie...maar laat U koninkryk kom. Amen.
 

Geseënde week.

Andrè


 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...