Wat jy saai sal jy maai.


Galasiërs 6: 7 – Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat 'n mens saai, dit sal hy ook oes.
Korintiërs 3:6 – "Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het," skryf Paulus.
 
Die uitdrukking - "Wat jy saai, sal jy maai"- is aan elke Afrikaans sprekende gelowige bekend. Dit wil ons herinner dat ons hard moet werk om gevolglik die vrug van ons hande werk te pluk.
 
Galasiërs 6 maak ons, as gelowiges, daarvan bewus dat ons elke dag voor ‘n keuse staan – wat ons saai, sal ons maai. Ons saai elke dag woorde en dade in mense se lewens. Ons saai saadjies wat iemand laat glimlag en hul gelukkig maak; of saadjies wat trane en wanhoop veroorsaak. Ons woorde en ons dade het 'n invloed op ander.
 
Daarom moet ons deeglik dink voor ons saai, praat en optree. Persoonlike ingesteldheid is belangrik om te verseker ons saai die saad van eerlikheid, liefde, dankbaarheid en gebed. Daarna is dit God wat sal laat groei.
 
Geseënde week.

Andrè

 
 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...