'Harvest Festival'.

Teks: Matt 9:37-38
 "Jesus sê toe vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.” 
 
In die Noordelike halfrond is herfs amper sinoniem met 'Harvest'. Kerke, skole, 'foodbanks', ouers en kinders dra sakke kos rond om aan ander te gee as teken van hul “dankbaarheid” en dat hul van hul “oorvloed” wil uitdeel.
 
As Christene ken ons God se liefde en Almag. Hy is die Een wat beskik en bestuur; die Een wat versorg en voorsien; die Een wat lief het en vergeef; wat sterf en wat red. As kinders van God is “Harvest Fesitval” ‘n geleentheid om ons lewens opnuut te verbind aan Hom. Ons moet met honger oë na ons lewens-landerye kyk; met werk en moeite die oes inbring; met dankbaarheid dit gebruik en deel.
 
Bid tot ons Here dat Hy jou sal voed; jou sal inspan; jou sal stuur.
Amen.
 
Seënwense,

Andrè
 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...