Byeenkomste se pad vorentoe.


Teks: Handelinge 2:46 

En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet

Oor die afgelope twee naweke het ons gemeentes in Birmingham en Loughton vir die eerste keer in agtien maande saam gekuier en kerk gehou. Beide Sondae was wonderlike geleenthede om te deel in God se liefde en ‘n smaaklike familie ete. Ons geloofs-gemeenskap se aard en omgee is besonders en kosbaar. Dankie vir elkeen se openheid en vrymoedigheid om opnuut deel te word en te wees van ons gemeente se reis saam God.
 
Die uitdagings van COVID-19 is steeds met ons. As gemeente is ons daartoe verbind om die wetlike voorskrifte na te kom en ons byeenkomste veilig te hou. Daarom nooi ek elke individu en gesin met vrymoedigheid om ons eredienste, kuiers en aksies by te woon. Ek wil jou ook aanmoedig om te doen soos jy gemaklik voel – as jy ‘n masker wil dra, voel vry om so te doen; as jy distansiëring benodig - doen dit gerus; en as jy simptomaties is, skakel gerus eerder in by Huiskerk. Deur sensitief te wees vir mekaar se omstandighede en uitdagings, kan ons mekaar ondersteun op ons reis saam ons Here.
 
Sondag gaan ons saam Nagmaal gebruik. Ek wil jou uitnooi om die goedheid van God te kom sien en smaak. Herinner jouself aan God se genade. Kom deel in Jesus Christus se Liefde.
 
Geseënde week en ek sien uit om saam jou om God se Woord te kuier.
Andrè

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...