Die hele boks bestanddele.

Ons huishouding is getroue 'Hello Fresh' ondersteuners. Elke week ontvang ons die boks met ‘n pakkie vir elke dag. Elke pakkie bevat alles wat jy benodig om die ingeslote resep te volg om die heerlike dis te maak waaraan ons hele gesin kan smul. Dit gebeur soms dat die kinders kieskeurig is oor dit wat hulle wil eet. Hoe ons ookal die resep en bestanddele aanpas, verhoed ons om die volle bedoelde smaak te ervaar.
 
Ons ervaar dit ook in ons geloofslewe. God se Woord gee vir ons al die bestanddele om ‘n geesvervulde lewe naby Hom te leef. Dit sluit in – jou persoonlike konneksie met Hom; jou verbinding met Sy Kerk en Gemeente; asook jou verhouding met mense rondom jou.  Ons is baie keer kieskeurig hoe, waar en met wie, ons Sy leiding wil aanvaar en implementeer in my lewe.
 
Oor die afgelope paar maande het God ons uitroep na Sy Woord geantwoord en het elkeen van Sy kinders die Woord op ‘n nuwe manier ontvang. September maand word ons geroep om Sy oproep te antwoord en opnuut in Sy gemeente plek in te neem. Ek sien uit om jou daar te sien om saam ons Here te kan dien.
 
Geseënde week. Sien jou by Sondag se Huiskerk.
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...