Vrugteslaai.

Teks: Galasiërs 5:22-23
Die vrug van die Gees…is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.
 
As Suid-Afrikaners ken ons almal die resep vir ‘n goeie vrugteslaai. Daar is min disse wat moeë mense so kan verfris op ‘n warm sonnige dag, soos vars koel vrugte.
 
As Christene verstaan ons die woorde of geloofsresep, van Galasiërs 5 op ‘n soortgelyke manier. Daar is min dinge wat ons lewens verfris, soos die vrug van die Gees. Elkeen van hierdie “vrugte” is die gevolg van ons geloof in Jesus Christus. ‘n Keuse vir ‘n lewe aan die hand van God se Woord; ‘n aksie om my eie en ander mense se lewens positief te beïnvloed.
 
Mag die vrug van jou arbeid jou lewe verfris en vernuwe.
 
Gebed: 
Heilige Gees, vul my lewe om U vrug te dra en te deel.
 
Ek sien baie uit daarna om jou en jou gesin by die fisiese eredienste in September te sien!
Tot dan – Geseënde week en sien jou by Sondag se Huiskerk.

Andrè



 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...