Om die hemel te proe.


Teks: Romeine 8:23
ook ons wat die Gees ontvang het as die eerste gawe van God, ons sug ook

Elkeen van ons onthou ons eerste motor. Vir meeste van ons was dit ‘n redelike ou kar wat ‘n paar stampe en stote gehad het om te wys. Ons elkeen weet dan ook hoe moeilik dit is om, na ‘n tydperk en rit in ‘n gemaklike luukse motor, weer in die ou skedonk te klim.
 
In die Ou Testament lees ons van die eersteling offer – dit was ‘n teken dat die hele oes aan die Here behoort. Wanneer Paulus die Gees die ‘eerste gawe’ noem, sê hy aan sy lesers: God gee aan julle die Heilige Gees as die eerste gawe van die oes. Wie die Gees van die Here ontvang het, het ‘n voorsmaak van die hemel gekry – hoe dit is om direk by God te wees (Annes Nel).
 
Ons weet – die wêreld waarin ons leef is gebroke. Dit is gevul met pyn, trane, dood, sonde en hartseer. Christene ly ook onder siekte, geweld, verlies en onsekerheid. Dit is belangrik om te onthou – God gee aan jou Sy kinders Sy Gees. Daarom verstaan gelowiges dat hierdie wêreld, lewe en uitdagings tydelik is. Dit is maar ‘n oomblik…’n sug…waarin die Gees van God ons versterk en lei na die ewige heerlikheid.
 
Sien jou Sondag by Huiskerk.
Andrè

Gebed: Here God, dankie vir U Gees. Heilige Gees, help my om op te kyk, verby die kortstondige, om die ewige te sien en aan vas te hou. Amen.

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...