Geloof in onsekere tye.

 

Die afgelope 18 maande was op verskeie vlakke en maniere, ‘n enorme uitdaging. Die afgelope paar weke in Suid Afrika was intens vanweë COVID en die onrus. Dit en al die ander sake van die lewe, laat ons met intense geloofs- en lewensvrae.

Josh Hughes maak die opmerking: 'Vir gelowiges is vertroue die aspek van ons geloof wat gereeld getoets word. Vir my sukkel ek selde om te glo dat die evangelie waar is, maar soms wonder ek hoe waar die evangelie vir my is. Is God regtig 'n beloner van diegene wat hom soek? Glo ek regtig met my hele hart dat hy goed is en goed doen? Soms sukkel ek bloot omdat ek ophou glo wat ek glo.'
 
Die Hervormers het geleer dat reddende geloof uit drie elemente bestaan: kennis, instemming en vertroue.

Kennis handel oor die inhoud van ons geloof, die feite en stellings wat ons moet glo om gered te word. Ons geloof is in iets (meer spesifiek – in Iemand).

Instemming handel oor ons oortuiging rakende die kennis. Ons moet nie net die feite van die evangelie, tov redding, ken nie, maar ons moet dit glo as die Waarheid.

Vertroue is die derde element. Ons moet in afhanklikheid van hierdie Waarhede in nederige vertroue leef. Ons moet onsself volkome toevertrou aan die Boodskap wat ons hoor en glo met gehoorsaamheid.
 
Jakobus 2:19 stel dat selfs die demone kennis en instemming het, en dat dit hul laat sidder. In Daniël 2:46 toon Nebukadnesar kennis en instemming dat God die enigste ware God is. Maar in beide hierdie kort daar iets…volkome vertroue. Vertroue in God is ‘n kritiese komponent van ons geloof, veral in moeilike, swaar en onsekere tye.
 
Geseënde week.
 
Geseënde week. Sien jou by Sondag se Huiskerk.
Andrè


 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...