Bybel Karakters.


Die lewensbeskrywings van sommige Bybel Karakters is effens kort, terwyl ander meer ingewikkeld is. Sommige Karakters vind maklik aanklank by ons en met ander sukkel ons weer om mee te identifiseer. Barabas is so ‘n karakter.
 
Wanneer ons dink oor Barabas wat saam Jesus veroordeel is en eindelik vrygelaat is ten koste van ons Here, is ons eerste indrukke nie “warm” teenoor hom nie. Daar word nie baie gesê oor hom nie, maar ons verstaan dat hy ‘n rebel, rower en moontlike moordenaar was. Nie iemand met wie ons enigsins kan identifiseer nie.
 
Vanuit God se perspektief gesien, was Barabas ‘n sondaar. Iemand wat verdwaal geraak het in die wêreld se dinge en van God vergeet het. Daarom het God se Seun vir hom ook ingetree en gesterf, sodat Barabas vrygespreek kon word. Klink dit bekend?
 
Komende Sondag het ons weer Gesamentlike SA Gemeente Huiskerk. Ek wil jou uitnooi om saam te kom luister na die geloofsbiografie van ‘n Christen. Kom skryf saam aan jou biografie met jou hand in God se hand.
 
Geseënde naweek - sien jou Sondag by Huiskerk.

Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...