Biograaf.

Teks: Psalm 139
 
Soveel keer wonder ons hoe God se Almag werk. Bepaal Hy wat ek sê en doen? Is Hy verantwoordelik vir my seën en swaar? Ons wonder soms selfs: “As Hy geweet het dìt gaan met my gebeur, hoekom het Hy my op hierdie pad gelei”?
 
Psalm 139 stel dit duidelik – God ken ons van ons eerste oomblikke af. Hy sien dwarsdeur ons; Hy is bekend met ons gedagtes en drome; Hy weet wat ons woorde en dade gaan wees nog voor ons daaraan dink. God is Almagtig en Alomteenwoordig – Hy is selfs in die donker en seer waar ons, onsself soms bevind. Die skrywer sluit af met sy gevolgtrekking – die beste van die lewe is, dat God ons ken; en ons Hom.
 
God is die gewer en biograaf van ons lewens, maar ons almal is besig om ons outobiografië saam te stel vir iemand om te lees. Ons skryf bladsy na bladsy, elke dag van ons lewe. Ons is besig om 'n verhaal oor onsself te vertel wat kragtiger is as slegs woorde. Ons optrede, ons gesprekke, ons dade word alles êrens deur iemand gesien, gelees.
 
Mag ons elkeen deurgrond word en 'n goddelike outobiografie skryf vir almal om te lees oor ons geloof in God.
 
Andrè
 
Gebed: 
Deurgrond my, o God, deurgrond my hart,
ondersoek my, sien tog my onrus raak.
Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie
en lei my op die beproefde pad! (Ps 139:23-24)

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...