Perke van versoening.

 

Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou. (2 Korintiërs 5:19)

 
Dit is wonderlik om te weet dat God ons sondes van ons verwyder het. Hy het alles nuut gemaak en aan ons ‘n nuwe begin gegee. Dietrich Bonhoeffer skryf hieroor:

Die hoogste wysheid is om die kruis van Jesus Christus te sien as die onoorwinlike liefde van God vir alle mense – vir ons en ons vyande.

Vergifnis en versoening is God se werk en gawe. Dit is nou aan ons toevertrou. Dit beteken ons moet dit ontvang en aanvaar. Dit beteken ook ons moet dit deel en versprei aan elkeen wat dit nodig het, insluitende my vyand.
 
Gebed: 
Here, stel my in staat om te verstaan dat u liefde selfs geld vir hulle wat ek as my vyand sien. Amen.

(gedeeltelike erkenning aan Annes Nel)

 
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...