Luister of doen? 

   
Ons hoop in God Drie-enig vul ons met dankbaarheid om te gaan leef met vreugde en opgewondenheid. Dit lei soms tot die vraag – waar moet ek begin? Moet ek eers luister na God se stem? Of moet ek dadelik gaan doen?
 
In Lukas 10 vertel Jesus in die verhaal van die barmhartige Samaritaan van ’n man wat deur rowers oorval is. Die priester en die Leviet loop verby sonder om iets te doen. Die Samaritaan behandel sy wonde, sit hom in ’n herberg en betaal vir sy versorging. Daarna gaan Jesus tuis in Marta en Maria se huis, waar Marta Hom gasvry ontvang, terwyl Maria by Sy voete sit en luister.

Marta is baie soos die Samaritaan: Sy versorg en sy staan reg. Maria sit met die hande gevou en luister na Jesus. Amper soos die priester en Leviet wat nie hande uitsteek om hulp te verleen waar dit nodig is nie.

Dit lyk of Lukas twee dinge sê wat mekaar weerspreek: Jy moet aktief wees soos die Samaritaan en soos Maria niks doen nie. Wat is dan die beste om te doen? Moet ek doen of moet ek luister?
 
“Luister en doen” is twee kante van dieselfde muntstuk. Soms moet ons stil word soos Maria en ons verwonder aan ’n ongelooflike Here. Soms moet ons hande uitsteek om God se hande in dié wêreld wees. Geloof kan nie sonder dade nie; en hoor ook nie sonder doen nie.

(gedeeltelike erkenning aan Dr. Sanrie de Beer)

 
Geseënde week en sien jou Sondag by huiskerk.
Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...