Waar is jou Hulp en Hoop? 

  
Ons almal in die lewe is opsoek na hulp en troos. Die lewe kan met tye vreemd, hard en ongenaakbaar wees. Ons professionele en persoonlike omstandighede kan soms so druk dat ons na ontvlugting soek. ‘n Tydelike hulp of troos – soos ‘n stokperdjie, vakansie of 'n nuwe gewoonte – is die maklike antwoord, maar die vraag na langdurige hulp en hoop bly ‘n soeke binne ons.
 
Psalm 121 praat ook van ‘n man wat soek na ontvlugting. Hy bevind homself op ‘n gevaarlike pad bekend vir rowers en moordenaars. Daarom skryf hy: Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? Ten spyte van sy omstandighede en nood, is sy antwoord egter nie onseker nie: ' My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het…die Beskermer sluimer nie in nie en Hy slaap nie…Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan, nou en vir altyd.'
 
Hierdie waarheid en belofte geld vir elke gelowige. God bied Hulp en Hoop vir elkeen wat Hom soek. Die belydenis van Psalm 121 is ook waar vir jou: 'Die Here beskerm en bewaar jou van alle gevare. Die bekende teoloog Walter Brueggemann het gesê:

'Wanneer ons omstandighede te ernstig geneem word, hetsy deur selftevredenheid of deur wanhoop, hou God se stem nie op om in twyfelende ore te praat nie.'

 
Gebed:  Here, ek kyk vandag op. Ek aanvaar U hoop vir my. Ek houvas aan U hulp. U is my Redder en enigste Troos. Amen.

Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...