Om nie te kies nie.

  
1 Konings 18, beskryf ‘n kritiese keuse wat die gelowiges van Israel moet maak. Elia vra die mense om te kies:" Hoe lank hou julle aan met hink op twee gedagtes? As die Here God is, volg Hom; maar as dit Baäl is, volg hom "(18:21). Dan volg ‘n betekenisvolle vers: "Die volk het hom nie ‘n woord geantwoord nie. Hulle wou hulle opsies oop hou."
 
Om nie te kies nie, is ‘n keuse. Die Israeliete het geweet dat die ware God hulle uit Egipte se slawerny bevry het. Die Egiptiese gode was magteloos teen Hom. Tog in 1 Konings 18, aanbid hulle ‘n vals god en sukkel hulle om hulself ten volle te verbind aan die ware God.
 
Is ons anders? Ons is deur Christus se dood en opstanding van die slawerny van sonde verlos. Maar ons sukkel steeds om te breek met die sonde. Ons aanbid steeds van die gode wat God oorwin het. Die sonde verstrik ons daagliks en baie keer is ons moeg gespartel en voel ons oorweldig.
 
Om God te volg is nie ‘n eenmalige daad nie. Om die ware God te volg is ‘n konstante keuse. ‘n Persoonlike besluit om Sy Woord en Wil te ken, soveel so, dat Hy my van binne oorweldig en verander.
 
Wanneer ek dan verlam, oorweldig of verlore voel is dit makliker om die regte keuse te ken en ‘n daadwerklike besluit te neem.
 
Sien jou Sondag by ons gesamentlike gemeente Huiskerk.
Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...