Tyd vir bou en leef.

  
Teks: Psalm 19

Ons “omdat” geloof is ‘n lewende verhouding met God. Dit is ‘n vaste wete van God se groot dade vir ons en Sy beloftes aan ons; ‘n onwrikbare vertroue dat die Here getrou sal wees aan SY Woord(e). Daarom is ons geloof die fondament van ons lewenshuis. Hoe sterker en stewiger die fondament, hoe sterker en stewiger staan ons lewenshuis in die aangesig van die storms van die sondige lewe.
 
Die klippe (fondament) van ons geloof is kennis van die Skrif. Die klippe word deur die Heilige Gees gebind in vertroue tot ‘n vaste eenheid.
 
Ons moet voortdurend bid vir die werk van die Heilige Gees. Maar vir die kennis van die Skrif moet ons opoffer en werk: met Huisgodsdiens, Huiskerk, Erediens, Kategese en Bybelstudie. Want as ons God wil ken as fondament, moet ons Hom ken deur Sy Woord en gevolglik ook in ons lewens.
 
Die Kerk van alle eeue is hierop gebou. Die dissipels het gelewe van die Torah en Jesus se Woorde. Vroeë gelowiges het hierop gebou asook op die woorde van Paulus en die Evangelies. Die Kategismus en al die belydenisskrifte is op die fondamentklip(pe) van God se Woord en ‘n lewende verhouding met ons Here gebou.  Dit alles help my en jou om die geloofsfondament van ons lewenshuis vas en waterpas te lê, sodat die Heilige Gees ons huis kan saambind en vul met die nodige vrug wat Hy aan ons skenk.

 (gedeeltelike erkenning Dr JH Breytenbach)

 
 
Sien jou Sondag by Huiskerk,
Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...