Preek met jou lewe.

Teks:  Matteus 5:13-16
 
Die afgelope naweek het ons gehoor dat gebed die sleutel is tot die deur van en vir God se Woord. Die Woord leer ons op verskeie plekke van God se roepstem. In die bergrede in Matteus 5:16 sê Jesus:

Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien
en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.

Jesus wys ons daarop dat Sy navolgers se lewensstyl 'getuig'. Ons praat met ons lewe. Wanneer mense na ons lewens kyk moet hulle die Vader in die hemel verheerlik (v16) omdat hulle God se gees en liefde beleef en ervaar.
 
Goeie werke is om soos ‘n Christen op te tree: in die regte verhouding tot mekaar (5:21-48) en die regte verhouding tot God (6:1 – 7:12).

Is jou lewensstyl anders as die wêreld s’n?
Verheerlik ons God deur die lig wat ons uitstraal?
Of maak ons verskonings om nie te praat, soos Moses?
Of oor ons ouderdom, soos Jeremia?
Of ontken ons Hom selfs, soos Petrus?

 
Moeder Teresa het eenkeer gesê: Ons as Christene is dikwels die grootste struikelblok vir hulle wat probeer om nader aan Christus te kom. Ons preek dikwels ‘n evangelie wat ons nie leef nie. Dit is die grootste rede hoekom mense van die wêreld nie glo nie.
 
Sien jou Sondag in jou huis by Huiskerk.
Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...