Die Oes.

Oktober maand is 'n baie opwindende maand en die maand van 'Oes'. Die 'Harvest Festival' was gewoonlik in die begin van Augustus gevier met die fees van 'Lammas' wanneer brode gebak was met die eerste deel van die graan oes. Dit het deur die eeue ontwikkel en so het die Harvest Festival, soos ons dit vandag ken, in 1843 tot stand gekom – Reverend Robert Hawker het sy gemeente en gemeenskap genooi na ‘n spesiale diens van dankbaarheid. (Project Britian)
 
Vandag lyk ons lewens anders; lyk ons fees anders; lyk ons oes anders. Ten spyte van al die veranderinge en ontwikkelinge, is daar sekere fundamentele waardes wat nie verander nie; wat vas bly – omgee, versorging, ondersteuning en ontferming. Ten spyte van uitdagings, hartseer en onsekerheid bly God se genadige liefde en verlossing vas.
 
Ek wil jou ook nooi om hierdie Sondag jou gesin, familie en vriende te nooi om saam met die hele SA Gemeente aan ‘n spesiale diens van dankbaarheid deel te neem. Huiskerk begin om 09:00 – op al die platforms – vir jou om God te ontmoet en te dank.
 
Ek sien uit om saam jou ons Here te dank.
 
Seënwense,
Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...