Konstante in verandering.


Teks: 1 Kronieke 28:1-10
 
In ons gemeente se Bybelleesprogram vandag kondig Dawid aan dat Salomo hom sal opvolg as koning oor Israel. Salomo sal ook die tempel bou tot eer van God en nie Dawid homself, soos hy beplan het, nie. Dit is duidelik deur Dawid se woorde dat hy bewus is dat verandering meestal moeilik, onverwags en konstant is.
 
Ons wêreld het dit hierdie jaar ook geleer. Verandering het onverwags oornag ingetree en die aanpassing van ons lewens is uitdagend. Meeste van ons se verwagting is dat die verandering voortdurend gaan wees in die maande en selfs jare wat kom. En soos met Dawid en deur die verhaal van die geskiedenis, blyk dit dat verandering die konstante van die lewe is.
 
In vers 9-11 gee Dawid aan Salomo raad om voor te berei en gereed te wees vir hierdie uitdaging. Soek God en ken Hom as jou Vader, want soos met alle ander dinge hou Hy dit in Sy hand. Selfs verandering is in Sy hand. Vertrou God en Hy sal jou lei deur die omwentelinge en onsekerhede van verandering en Hy sal jou versterk op die nodige tye. Hierdie woorde is vandag net so waar vir jou, soos dit was vir Salomo.
 
Mag jy vind dat God jou konstante is.

Sien jou Sondag in jou huis by Huiskerk!
Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...