Sien God in die dinge van elke dag.

Teks: Genesis 28:10-16
 
In Jakob se droom is daar engele wat met ‘n leer op- en afklim. Dit is simbolies van die kontak tussen hemel en aarde. In die droom word hy verseker dat die Here hom, ten spyte van sy bedrog, nie in die steek sal laat nie. God sal al Sy beloftes nakom en waar maak. So word Jakob se oornag plek, ‘n plek van ontmoeting tussen Jakob, die bedrieër, en God, ons getroue Vader.

Ons hoef God nie ver te gaan soek nie. Hy wys Sy hart vir jou op die vreemdste, tog spesiaalste plekke, soms waar ons dit die minste verwag. God openbaar Hom aan Moses in ‘n brandende bos; aan Josef in slawerny; aan Jona in die vis en aan Maria deur die engel se boodskap. Daarom vind ons Hom in ‘n krip en aan ‘n kruis. Jy sal Hom tydens jou krisisse en hartseer vind. Jesus is Immanuel. Hy het Sy Gees gegee om jou te vul. Hy leef in jou.

Maak jou oë oop vir God se teenwoordigheid. Kyk en soek na Hom in jou uitdagings. Sien Hom ook in jou alledaagse gebeure. Hy is daar by jou, al besef jy dit nie.
 
Ons gaan vanaand van 20:00 – 21:00 bietjie kyk na die lewe van Rut. Skakel gerus in op die Zoom link op die webblad.  Hoop om jou daar te sien.
 
Seënwense, 
Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...