God sorg.

Die somer is ‘n wonderlike tyd van warm gemoedere, ligte harte en vrolike stemme. Dit is ‘n tyd van energieke vreugde, versorging en vooruitgang. 2020 se somer voel meer nog so omdat ons ontwaak en oorgaan vanuit ‘n tydperk van isolasie na ‘n situasie van ‘vryheid’. 

Kan jy die hand van die Here in jou lewe raaksien? Dikwels is dit moeilik om die Here se hand – Sy bemoeienis met jou – in jou lewe raak te sien. Veral wanneer ons besig word; swoeg en sweet om te bestaan; en voor uitdagings in die lewe te staan kom. Maar ook veral wanneer ons ver van God af lewe.

Jesaja 43 sê duidelik vir ons: "Ek het jou op die naam geroep, jy is Myne". Hy sê dat ons aan Hom behoort; in Hom gebore is. Psalm 121 verseker ons dat Hy nie sluimer of slaap nie. Al moet ons deur die meule van die lewe gaan, kan ons weet dat Hy ons nooit uit Sy liefdevolle hand sal laat gaan nie.

As ons dit in ag neem, is daar geen diepte, hoogte, donkerte of hindernis op ons lewenspad wat ons van God kan skei nie. In alles wat met ons gebeur- gister, vandag en more, is God se sorgende hand besig om ons vas te hou, te dra en op koers te hou want ons is Syne.
 
Ons gaan vanaand van 20:00 – 21:00 bietjie kyk na die lewe van Moses. Skakel gerus in op die Zoom link op die webblad.  Hoop om jou daar te sien.

 

Seënwense, 
Andrè

 

 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...