God sorg.


Die somer is ‘n wonderlike tyd van warm gemoedere, ligte harte en vrolike stemme. Dit is ‘n tyd van energieke vreugde, versorging en vooruitgang. 2020 se somer voel meer nog so omdat ons ontwaak en oorgaan vanuit ‘n tydperk van isolasie na ‘n situasie van ‘vryheid’. 

Kan jy die hand van die Here in jou lewe raaksien? Dikwels is dit moeilik om die Here se hand – Sy bemoeienis met jou – in jou lewe raak te sien. Veral wanneer ons besig word; swoeg en sweet om te bestaan; en voor uitdagings in die lewe te staan kom. Maar ook veral wanneer ons ver van God af lewe.

Jesaja 43 sê duidelik vir ons: "Ek het jou op die naam geroep, jy is Myne". Hy sê dat ons aan Hom behoort; in Hom gebore is. Psalm 121 verseker ons dat Hy nie sluimer of slaap nie. Al moet ons deur die meule van die lewe gaan, kan ons weet dat Hy ons nooit uit Sy liefdevolle hand sal laat gaan nie.

As ons dit in ag neem, is daar geen diepte, hoogte, donkerte of hindernis op ons lewenspad wat ons van God kan skei nie. In alles wat met ons gebeur- gister, vandag en more, is God se sorgende hand besig om ons vas te hou, te dra en op koers te hou want ons is Syne.
 
Ons gaan vanaand van 20:00 – 21:00 bietjie kyk na die lewe van Moses. Skakel gerus in op die Zoom link op die webblad.  Hoop om jou daar te sien.
 
Seënwense, 
Andrè

 
 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...