God se Engele.

Teks:  Daniël 6:23:  My God het sy engel gestuur om die bekke van die leeus toe te sluit sodat hulle my niks kon aandoen nie, want Hy het bevind dat ek nie teen Hom oortree het nie. 

 
Vanaf Genesis tot Openbaring lees ons op verskeie plekke in die Bybel dat God se engele in Sy Naam optree. In die boek Daniël lees ons op meer as een plek dat die Here se engele ingetree het om Daniël en sy vriende te red uit die brandende oond en die leeukuil. In die Nuwe Testament bring die engele God se reddende boodskap van Jesus Christus wat gebore is; en in Sy eie Seun se uur van honger en nood versorg die engele Hom.
 
Oor die eeue heen is dit duidelik dat engele, as verteenwoordigers van God, die mens fassineer. Verhale soos die van Daniël en sy vriende gryp ons verbeelding aan en laat ons dink oor ‘hoe’ ons God se nabyheid moet verstaan. Veral in ons uur van nood, soek ons (onbewustelik) na die engele van God.

In Afrikaans noem ons weldoeners ook soms ‘engele’. Wanneer iemand in ons nood of tekort voorsien, is dit ‘n antwoord op ons gebede. Daardie persoon is God se gestuurde en die Here se ‘engel’ in jou lewe.
 
Gebed: Here, help my om U engele rondom my raak te sien. Help my om te sien waar ek in U diens kan wees. Dankie vir U liefde en teenwoordigheid. Amen
 
Seënwense, 
Andrè

 

 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...