Hoor God se stem


Teks:  Romeine 8:31 – “Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees?”
 
In hierdie tyd van onsekerheid oor omstandighede en vooruitsigte in die hede en die toekoms, is dit soms moeilik om God se stem te hoor. Gebed is vir elke gelowige ‘n tyd om met vrymoedigheid met God te praat. Ons kan alles met hom deel en vra, al voel dit soms of Hy nie dadelik ag slaan op ons gebed nie.

Die bekende teoloog Walter Brueggeman het gese: Wanneer ons omstandighede te ernstig geneem word, hetsy deur selftevredenheid of deur wanhoop, hou God nie op om in ons twyfelende ore te praat nie. Dit is belangrik vir jou en my om te hoor. Dit is krities om te weet, soos Paulus in vers 32 noem, dat Jesus die bewys is dat God ons ken, hoor en vir ons is. Niks kan ons van Sy liefde skei nie. Dit is die enigste sekerheid.

Ek wil jou uitnooi om met vrymoedigheid tot God te bid. As jy sou wou, kom skakel saam in om 20:00 op Zoom en kom bid, luister en gesels saam.
 
Geseënde week
Andrè


Kontak gerus vir my, of Ena indien ons jou kan bystaan in hierdie uitdagende tyd. Baie seën en sterkte.

andre@sagemeente.com of 078 4102 9307

Kontak die kerkkantoor by
noordwyk@sagemeente.com of ena@sagemeente.com

 
 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...