Hoor God se stem.

  

Teks:  Romeine 8:31 – “Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees?”
 

In hierdie tyd van onsekerheid oor omstandighede en vooruitsigte in die hede en die toekoms, is dit soms moeilik om God se stem te hoor. Gebed is vir elke gelowige ‘n tyd om met vrymoedigheid met God te praat. Ons kan alles met hom deel en vra, al voel dit soms of Hy nie dadelik ag slaan op ons gebed nie.

Die bekende teoloog Walter Brueggeman het gesê: "Wanneer ons omstandighede te ernstig geneem word, hetsy deur selftevredenheid of deur wanhoop, hou God nie op om in ons twyfelende ore te praat nie". Dit is belangrik vir my en jou om te hoor. Dit is krities om te weet, soos Paulus in vers 32 noem, dat Jesus die bewys is dat God ons ken, hoor en vir ons is. Niks kan ons van Sy liefde skei nie. Dit is die enigste sekerheid.

Ek wil jou uitnooi om met vrymoedigheid tot God te bid. As jy sou wou, kom skakel saam in om 20:00 op Zoom en kom bid, luister en gesels saam.
 
Seënwense, 
Andrè

 

 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...