Kom bid saam.

 Wêreldwyd wil dit voorkom of die huidige grendelgreep besig is om tot ‘n einde te loop. Hier op die Verenigde eiland hou almal hulle asem op om ‘n tweede ‘spike’ van COVID gevalle te vermy. In Suid-Afrika wonder meeste hoekom daar nog nie meer getalle was nie. Oorkant die water, in die VSA, het mense die virus vergeet en saamgetrek om te protesteer teen die huidige owerheid. Oral-oor voel en lyk dinge onseker.

 
Op ‘n persoonlike vlak lyk die toekoms ook baie onseker. Sommige van ons is onseker oor wanneer ons weer ons naaste familie en vriende aan huis sal kan hê. Baie van ons wonder wanneer die kinders weer ‘normaal’ sal kan skoolgaan en by maatjies speel, veral wanneer hulle vra daarna. Daar is ook sommige van ons wie se ‘furlough’ oor geloop het in aflegging vanweë besigheidsonsekerhede.
 
Koning Dawid het God op ‘n gereelde basis genader. Hy was voortdurend in gesprek met God, en die kere wanneer Hy ‘vergeet’ het om hom te verootmoedig by God, het Dawid voor God gaan kniel en homself op nuut tot God verbind.

Tydens hierdie maand van Junie, wil ek jou uitnooi om saam tot God te kom bid. Jy ken jou situasie en verhouding met God. Ek wil jou uitnooi om jouself te kom verootmoedig en verbind tot die lewende Here, ten spyte van ‘waar jou  verhouding met God’ is en of jy dalk ‘vergeet’ het van God.

Ons gaan elke Woensdag aand vanaf 10 Junie (ten minste tot einde Junie) om 20:00 – 21:00 op Zoom vergader. Die sessie gaan bestaan uit: groet, gedagtes oor gebedstudie, gefokusde gebed en spesifieke gebed. 

Indien jy wil deelneem of enige gebedsversoeke het, stuur dit gerus aan  helena@sagemeente.com teen Dinsdag-aand.
 
Ek sien uit om hierdie maand saam jou te bid en ons verhouding met God te begin, vorm en versterk.
 
Seënwense en wees veilig.
André

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...