Kom Bid saam

 
Wêreldwyd wil dit voorkom of die huidige grendelgreep besig is om tot ‘n einde te loop. Hier op die Verenigde Eiland hou almal hulle asems op om ‘n tweede ‘spike’ van COVID getalle te vermy. In Suid-Afrika word daar gewonder hoekom daar nog nie meer gevalle was nie. Oorkant die waters, in die VSA, het mense die virus vergeet en saamgetrek om te protesteer teen die huidige owerheid. Oral-oor voel en lyk dinge onseker.
 
Op ‘n persoonlike vlak lyk die toekoms ook baie onseker. Sommige van ons is onseker oor wanneer ons weer ons naaste familie en vriende aan huis sal kan hê. Baie van ons wonder wanneer die kinders weer ‘normaal’ sal kan skoolgaan en by maatjies speel, veral wanneer hulle daarna vra. Daar is ook sommige van ons wie se ‘furlough’ oor geloop het in aflegging vanweë besigheidsonsekerhede.
 
Koning Dawid het God op ‘n gereelde basis genader. Hy was voortdurend in gesprek met God, en die kere wanneer Hy ‘vergeet’ het om hom te verootmoedig by God, het Dawid voor God gaan kniel en homself op nuut tot God verbind.

Tydens hierdie maand van Junie, wil ek jou uitnooi om saam tot God te kom bid. Jy ken jou situasie en verhouding met God. Ek wil jou uitnooi om jouself te kom verootmoedig en verbind tot die lewende Here, ten spyte van ‘waar jou verhouding met God’ is en of jy dalk ‘vergeet’ het van God.

Ons gaan elke Woensdag aand vanaf 10 Junie (ten minste tot einde Junie) om 20:00 – 21:00 op Zoom vergader. Die sessie gaan bestaan uit: groet, gedagtes oor gebedstudie, gefokusde gebed en spesifieke gebed. 

Indien jy wil deelneem of enige gebedsversoeke het, stuur dit gerus aan ena@sagemeente.com teen Dinsdag-aand.
 
Ek sien uit om hierdie maand saam jou te bid en ons verhouding met God te begin, vorm en versterk.
 
Seënwense en wees veilig.
Sien jou Sondag by Huiskerk!
André


 
 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...