'n Lus en 'n liefde vir die lewe en die wil van God


 
Teks: Filippense 3:1-15 
 
Paulus was voor sy bekering oppad na Damaskus as 'n toegewyde Fariseër en 'n vervolger van die kerk van Jesus Christus. Dit was vir hom 'n bate in sy lewe om in homself te kon roem; in sy besnydenis, sy afkoms uit die regte stam van Israel, sy onderhouding van die wet van Moses omdat dit vir hom vryspraak sou bewerk. Maar toe hy op die pad na Damaskus tot bekering gekom het, en 'n nuwe mens as 't ware opgestaan het, het sy hele lewe verander. Dit wat eers vir hom 'n bate was, het hy nou as waardeloos beskou en 'n nuwe lus en liefde het sy lewe oorheers, naamlik om Jesus Christus te ken en die krag van sy opstanding te ondervind.

Sy ganse lewe het verander. Hy gee sy vorige, selfgerigte lewenswyse prys en rig sy lewe volgens die wil van God in. 'n Lus en 'n liefde vir die wil en die werk van God word in sy lewe sigbaar sodat mense vra: Wat het die verandering in hierdie man se lewe teweeg gebring?

Ons sal die ou mens kan afsterf en 'n lus en 'n liefde vir die wil van God met oortuiging kan uitleef as dit om die eer van God gaan. Ons moet bereid wees om alles ter wille van die eer van God prys te gee en sy wil te doen, veral my eie begeertes wat nie by God se wil inpas nie. Die wil van God beteken 'n lewe in alle goeie werke tot eer van Sy Naam..

Is ek en jy bereid om hierdie keuse ter wille van die eer van God te maak?

                                          (gedeeltelike erkenning Ds MCE Botes)

Sien Sondag by Huiskerk.
Andrè
 
 
 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...