Skone lente lig

  

Lente is ‘n tyd van nuwe lewe. Wanneer ons buite stap voel ons die vars, warm son op ons vel. Ons sien die helder bloeisels, blomme en kleure; selfs die bome se blare is opgehelder en skitter na die koue winter maande. Lente is die teken dat die koue verby is en die nuwe oomblik gevul is met hoop.
 
Die term 'spring cleaning' vind vermoedelik sy oorsprong in die feit dat ons meer slaap in die winter maande en gevolglik skoonmaak nalaat. In die lente is dit dan tyd om sake reg te ruk met ons nuut gevonde energie. Dit is wanneer ons skoonmaak, dat ons ontdek en werklik sien hoeveel stof opgegaar het; as ons die hitte van die son voel,  besef hoe koud die winter was; as ons die vroeë oggend lig sien, besef ons hoe donker die nag was.
 
Johannes 1 maak dit duidelik – Jesus is die lig vir die wêreld. Die wêreld is donker en dit is slegs deur Jesus se Lig dat ons God se redding kan sien. Dit is slegs wanneer ek deur Sy Lig kyk dat ek die stof rondom my raaksien en weet hoe om dit skoon te maak. Dit is slegs wanneer ek my afgestof het, dat ander die helderheid van sy Lig in my lewe sal kan sien skyn.  
 
Lekker sping clean!  Seën vir jou en die familie.
André
 
 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...