Nuwe Normaal.


Die wêreld se uitkyk op ons huidige situasie is ‘n soeke na antwoorde vir nou en die toekoms. Die nuwe gons-vraag is gevolglik: Wat gaan die nuwe normaal wees? Hierdie is ‘n gelaaide vraag. Dit hou potensieel groot skaalse verandering in vir my en jou wat ons lewens wesenlik kan raak. Die gevolg – onsekerheid en bekommernis oor die verandering en ons toekoms.

God het egter nie verander nie.  In Markus 12:26-27 sê Jesus aan die Saduseërs: “En dat die dooies opgewek word, het julle dan nie in die boek van Moses, in die gedeelte oor die doringbos, gelees hoe God vir hom gesê het: ‘Ek is die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob’ nie? Hy is nie 'n God van dooies nie maar van lewendes.”  Jesus verduidelik hier dat God deurlopend sy kinders se Here is, hulle hande vashou, selfs in tye van onsekerheid, verandering en wanneer hulle ly en selfs sterf.  

God is getrou en konstant. Wanneer Hy na jou kyk sien Hy nie sonde, teleurstellings en vrees nie.  In jou sien Hy hoop. Hoop in jou aanvaarding van Sy liefde in die redding deur Jesus Christus. Hoop dat dit deel sal vorm van jou lewe. Hoop in jou, dat jy dit sal deel aan ander om die nuwe normaal te help vorm.

Sterkte vir jou week.
André


 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...