Nuwe Normaal

  
Die wêreld se uitkyk op ons huidige situasie is ‘n soeke na antwoorde vir nou en die toekoms. Die nuwe gons-vraag is gevolglik: Wat gaan die nuwe normaal wees? Hierdie is ‘n gelaaide vraag. Dit hou potensieel groot skaalse verandering in vir my en jou, wat ons lewens wesenlik kan raak. Die gevolg – onsekerheid en bekommernis oor die verandering en ons toekoms.
 
God het egter nie verander nie.  In Markus 12:26-27 sê Jesus aan die Saduseërs: “En dat die dooies opgewek word, het julle dan nie in die boek van Moses, in die gedeelte oor die doringbos, gelees hoe God vir hom gesê het: ‘Ek is die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob’ nie? Hy is nie 'n God van dooies nie maar van lewendes.”  Jesus verduidelik hier dat God deurlopend sy kinders se Here is, hulle hande vashou, selfs in tye van onsekerheid, verandering en wanneer hulle ly en selfs sterf. 
 
God is getrou en konstant. Wanneer Hy na jou kyk sien Hy nie sonde, teleurstellings en vrees nie. In jou sien Hy hoop. Hoop in jou aanvaarding van Sy liefde in die redding deur Jesus Christus. Hoop dat dit deel sal vorm van jou lewe. Hoop in jou, dat jy dit sal deel aan ander om die nuwe normaal te help vorm.
 
Sterkte vir jou week.
André


 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...