HuisKerk en Nagmaal.



Groot Lydensweek, of 'Holy Week' soos die VK dit ken, is ‘n besonderse tyd in ons Christelike kalender. Dit het die afgelope naweek begin met Palm Sondag en Jesus se triomfantlike intog in Jerusalem. Dit lei ons saam na Golgota se kruisiging en donkerte op Goeie Vrydag. Dit kulmineer in komende Opstandings Sondag wanneer ons Christus se leë graf en oorwinning vier.  Vind aangeheg die uitnodiging wat ons in die afgelope Sondag se erediens bespreek het.

Ek wil jou uitnooi om Vrydag oggend om 7uur vir 10 minute saam voor die kruis stil te word en te luister na Jesus se laaste woorde. Ek gaan op Birmingham se facebook en op SAG Noordwyk App met julle een of twee gedagtes te deel rondom Jesus se kruisiging en sy laaste woorde as mens. 

Ek wil jou vra om Sondag oggend om 10:00 saam na die oop graf te kom kyk en te kom luister na God se woorde. Julle word genooi om deel te neem aan die nagmaal en mekaar te herinner aan Christus se kruisdood en opstanding, daar in jou eie huis.  Berei asb voor deur te bid, ‘n snytjie brood en ‘n glasie sap/wyn reg te hê vir 10:00. Die gepaste 'links' al Sondag oggend uitgestuur word per e-pos, sms en Facebook  – so hou jou kommunikasie dop en sien jou dan!

Ek wil jou aanmoedig om in hierdie tyd elkeen in siekte, asook elkeen wat jy ken, elkeen wat in die mediese veld werk en die owerhede in gebed op te dra. Mag God die uitkoms gee soos benodig, maar bowenal die vrede en versekering van Sy Liefde en Redding. Ek bid dat jy en jou dierbares God se nabyheid in hierdie tyd sal ervaar.

Baie sterkte, liefde en seënwense,
André


 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...