HuisKerk en Nagmaal 

  
Groot Lydensweek, of 'Holy Week' soos die VK dit ken is ‘n besonderse tyd in ons Christelike kalender. Dit het die afgelope naweek begin met Palm Sondag en Jesus se triomfantlike intog in Jerusalem. Dit lei ons saam na Golgota se kuisiging en donkerte op Goeie Vrydag. Dit kulmineer in komende Opstandings Sondag wanneer ons Christus se leë graf en oorwinning vier. Vind aangeheg die uitnodigings wat ons in die afgelope Sondag se erediens bespreek het.
 
Ek wil jou uitnooi om Vrydag oggend om 7 uur vir 10 minute saam voor die kruis stil te word en te luister na Jesus se laaste woorde. Ek gaan op Loughton se Facebook en op SAG Noordwyk App met julle een of twee gedagtes deel rondom Jesus se kruisiging en sy laaste woorde as mens.
 
Ek wil jou vra om Sondag oggend om 10 uur saam na die oop graf te kom kyk en te kom luister na God se woorde. Julle is genooi om deel te neem aan die nagmaal en mekaar te herinner aan Christus se kruisdood en opstanding, daar in jou eie huis. Berei asb voor deur te bid, ‘n snytjie brood en ‘n glasie wyn/sap reg te hê vir 10 uur. Die gepaste 'links' sal Sondag oggend uitgestuur word per e-pos, sms en facebook – so hou jou kommunikasie dop en sien jou dan!
 
Ek wil jou aanmoedig om in hierdie tyd, elkeen in siekte, asook elkeen wat jy ken, elkeen wat in die mediese veld werk en die owerhede in gebed op te dra. Mag God die uitkoms gee soos benodig, maar bowenal die vrede en versekering van Sy Liefde en Redding. Ek bid dat jy en jou dierbares God se nabyheid in hierdie tyd sal ervaar.
 
Baie sterkte, liefde en seënwense,
André

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...