Was dit jy of die duiwel?

  
Matteus 4:1-11
 
In tye van teenspoed en moeilike tye het my oorlede moeder altyd gesê:  ou vaaltyn is al weer besig. Sy het natuurlik verwys na die volksnaam vir die ou duiwel, satan of die versoeker, soos die Bybel hom beskryf. Die Bybel beskryf die duiwel eienaardiglik as ‘n absolute ondergeskikte verloorder wat glad nie baie mag het nie. In die bogenoemde gedeelte word hierdie punt duidelik geïllustreer. Niemand kan die duiwel mag gee, behalwe jyself.

Christus weerstaan die versoeking van die duiwel. Eerstens kon hy dit doen deur te fokus op die Woord van God en hom daaruit te antwoord. Tweedens het Christus Sy roeping onthou en deurlopend getrou gebly aan God se wil. Hy het gekom om die werk van Sy hemelse Vader te doen en alhoewel die duiwel hom op ‘n kortpad verby die kruis wou lei, het Jesus as Seun van God nie toe gegee nie. 

Hierdie gedeelte wil ons leer om verantwoordelikheid te aanvaar vir ons lewens en keuses. Kies soos Christus deur te fokus op jou hemelse Vader se plan en antwoord die duiwel en teenspoed vanuit God se Woord met vertroue. 

         Met gedeeltelike erkenning aan Dr PJ Jordaan 
 
Andrè

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...