Nou het ek U self gesien.


Job 42: 1-6

Die verhaal van Job is een van die aangrypendste verhale in die Bybel. Daar word diep nagedink en ernstige vrae op die tafel geplaas: Hoekom gebeur slegte dinge met goeie mense? Kan ons God manipuleer met goeie dade en 'n vroom lewenswyse?  

Job word geteken as 'n goeie en opregte man sonder gelyke, tog tref die een na die ander terugslag hom. Al hierdie dinge het Job ernstig laat nadink oor sy lyding in die lewe. Hoekom moes al hierdie dood, hartseer, verlies en lyding met Hom gebeur? Sy vriende probeer hom oortuig dat dit sy straf is vanweë sy sonde (Job 11, 15, 20), maar Job stem nie saam nie, en dit intensifiseer Job se worstelstryd. 

Lyding konfronteer ons met ons eie verganklikheid, ons weerloosheid teen die aanslae van die lewe en met God se bestaan en betrokkenheid. 

Wat is Job se antwoord op lyding? Wat is ons antwoord op lyding? Wat sê ons belydenis oor lyding? Jou en Job se belydenis sê: Ons weet dat God bestaan. Ons weet dat Hy daar is. Selfs in die donkerste nag en diepste ellende is God daar (dink ook aan Psalm 23).

In Job 42:5 lees ons hierdie aangrypende woorde van Job:  "Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien..." Dié wete is vir Job genoeg. Die wete is vir ons genoeg. Só bring selfs die swaarkry en lyding ons nader aan God, want Hy is saam met ons daar (Daniel 3). Dit alles dien tot ons saligheid. 
Met erkenning aan Dr PJ Jordaan

Kontak my gerus indien jy verdere vrae het, of sommer net wil gesels 078 4102 9307.

Groetnis
Andrè
E-pos: andre@sagemeente.com
Selfoon nommer:078 4102 9307
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...