Lydens Pilaar van Verstaan.


Vandag is Shrove Tuesday of Pannekoek Dinsdag soos baie mense dit noem. Mens gebruik verskeie ryk bestanddele – soos eiers, melk en suiker – in die maak van pannekoeke. Dit dien as voorbereiding vir die 40 dae van lydenstyd wat volg in die voorbereiding tot Paasfees. Die woord Shrove verwys hierna en gee ‘n indikasie dat die lydenstyd gaan oor refleksie, self-ondersoek,  berou en vergifnis.
 
More is Ash Wednesday. Dit is die 7de Woensdag voor Paas Sondag. Dit merk die ‘offisiële’ begin van lydenstyd waarin baie gelowiges iets ‘opgee’ wat hulle  herinner en help om hul verhouding met God te bepeins, te bou en te verdiep.  

Mag God hierdie Lydenstyd gebruik om jou lewe aan te raak. Mag jy hierdie geleentheid gebruik om jou verhouding met Hom (en Sy liefde vir jou) die pilaar van jou lewe te maak. 

Geseënde 40 dae. 
Andrè

E-pos: andre@sagemeente.com
Selfoon nommer:078 4102 9307
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...