Lydenstyd as Pilaar van Verstaan

  
Vandag is 'Shrove Tuesday' of Pannekoek Dinsdag soos baie mense dit noem. Mens gebruik verskeie ryk bestanddele – soos eiers, melk en suiker – in die maak van pannekoeke.
Dit het gedien as voorbereiding vir die 40 dae van Lydenstyd wat volg in die voorbereiding tot Paasfees. Die woord 'Shrove' verwys hierna en gee ‘n indikasie dat die lydenstyd gaan oor refleksie, self-ondersoek, berou en vergifnis.

More is Ash Wednesday. Dit is die 7de Woensdag voor Paas Sondag. Dit merk die ‘offisiële’ begin van Lydenstyd waarin baie gelowiges iets ‘opgee’ wat hulle herinner en help om hul verhouding met God te bepeins, te bou en te verdiep.

Mag God hierdie Lydenstyd gebruik om jou lewe aan te raak. Mag jy hierdie geleentheid gebruik om jou verhouding met Hom (en Sy liefde vir jou) die pilaar van jou lewe te maak.
 
Geseënde 40 dae.
Andrè

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...