Pilaar van Liefde.


In elke verhouding is daar kritiese elemente, of pilare, wat die verhouding ondersteun en sterk maak. Liefde is van kardinale belang ten spyte van die tipe verhouding. Christus het aan ons Agape, of vriendskap-liefde kom leer, wat ‘n pilaar is vir elke verhouding en huwelik.
 
Liefde het verskillende kenmerke wat dit so belangrik maak. Dit laat jou veilig voel in jou verhouding; laat jou voel dat jy kan ontspan en net jouself kan wees; en altyd oop en eerlik met mekaar kan wees. Dit verseker jou dat jy nooit alleen is nie en dat daar iemand is wat altyd saam jou staan, in die moeilike en goeie tye, al stem hulle nie altyd saam jou nie. Liefde vervul ook die soeke om te behoort. Liefde gee om in woorde en dade; dit offer-op en maak tyd. Liefde doen weg met vooropgestelde idees en aanvaar mekaar vir wie ons is...veral wie ons is in Christus.
 
Hoe lyk jou liefdes-pilaar in jou verhouding?  Hoe gaan jy daaraan werk?
 
1 Korintiërs 13 – En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!
 
Gelukkige Valentynsdag.
Andrè
E-pos: andre@sagemeente.com
Selfoon nommer:078 4102 9307
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...