Pilaar van Vertroue.


Elkeen van ons is uniek. Daarom is ons verhoudings kosbaar vir verskillende redes. Ons verwagtinge van mense verskil en die sake wat ons as belangrik ag, verskil ook. In elke verhouding is daar kritiese elemente wat jou verhouding(s) opbou en versterk. Vertroue is die eerste saak wat ons almal baie belangrik ag, en waarsonder verhoudings nie kan groei nie. 

Vertroue is ‘n gesonde afhanklikheid waarin ons van iemand anders afhanklik is vir die uitkoms. Dit laat ons ontbloot voel en soms voel ons daar moet ‘n bordjie wees wat sê: ‘handle with care’. Vertroue is vrywillig en kan nie afgedwing word nie. Dit is in wese ‘n houding, of ‘attitude’ wat uit drie dele bestaan.

Eerstens glo ons en is ons oortuig dat die ander persoon vertrou kan word.  Tweedens is daar ‘n emosionele reaksie op vertroue wat bevestig dat jy die ander persoon kan vertrou en dit vul jou met selfvertroue. Derdens word jou gedrag bepaal deur die vertroue wat jy in die persoon(e) en jul vriendskap het . Vertroue is wanneer jy water-trap en opreik na ‘n vriend/vriendin se hand en weet dat hul hand daar is om joune te gryp en op te trek.  Sonder vertroue is daar altyd twyfel en is dit moeilik om te groei en sterk te word in julle verhouding.

Watter mense in jou lewe vertrou jy, en hoekom?  Watter mense vertrou jy nie, en hoekom nie? Die groter vraag is sekerlik – kan mense op jou vertrou...?

Josua 1:9 - Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.

Vertrou op God! 
Andrè
E-pos: andre@sagemeente.com
Selfoon nommer:078 4102 9307
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...