Uit God se hoek.

  
God is die Skepper van hemel en aarde en Hy is besig met die lewe se legkaart. Het jy al ooit gewonder hoe God na dinge kyk…?  Wat sien God wanneer Hy na ons lewens kyk?  Lê die stukkies van jou lewe deurmekaar…of vloei jou lewens-legkaart maklik ineen? 

In Genesis lees ons van Josef wat oornag van ‘gunsteling seun’ na ‘verkoopte broer en slaaf’ verander het. Ek is amper oortuig Josef het klomp vrae en worstelinge gehad oor hoe sy lewe verander het en hoekom God dit alles toegelaat het. Tog lees ons nie hiervan nie en herinner die verhaal ons dat God se visie en invalshoek nie onderworpe is aan ons tyd en perspektief nie. Josef se karakter en vertroue in God in alle omstandighede vervul God se beloftes, aan hom persoonlik en aan die hele Israel.

God is by jou vandag en môre. Hy wil jou help met jou lewens- en geloofs-legkaart. Vertrou Hom, al is dit soms moeilik om Sy plan raak te sien.

Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as 'n offergawe gegee het, ja, 'n offer wat vir God aanneemlik was (Efesiërs 5:1-2 )

Geseënde week. 
Andrè

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...