Om saam God te loop

 
 
In Genesis is dit duidelik dat God saam met die mens wil wandel. Selfs nadat Adam en Evan gesondig het, het God gaan wandel in die tuin en hulle gaan soek (Genesis 3:8).  Genesis vertel verder van Enoch wat beskryf word as ‘n man wat saam God gewandel het (Gen 5:24); asook Noag (Gen 6:9) wat die ark gebou het.

In die Nuwe Testament het Jesus saam met sy dissipels gewandel. Hy het hulle geleer van God se Woord en Wil. Jesus het God opnuut aan hulle openbaar as ‘n liefdevolle Vader wat saam hulle wandel deur elke dag (Nuwe Testament).

Vandag wil die Here steeds saam jou wandel. God smag daarna om saam te jou te loop op jou lewenspad. Daarom is sy arms van genade oop – gereed om jou te ontvang en nader te trek om saam Hom te wandel.
 
Geseënde week!
Andrè

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...