Belofte.


Wanneer ons ‘n legkaart sien, is daar verskeie redes hoekom ons dit in ons hand neem en begin bou. Soms is dit die uitdaging van ‘n klomp aparte stukkies wat deurmekaar lê en slegs met vindingrykheid, geduld en moeite inmekaar gepas kan word om ‘n beeld te vorm wat voor daardie oomblik nie bestaan het nie. Meestal is dit die prentjie op die buitekant van die boks wat ons aantrek en inspireer om die hierdie legkaart te koop en huistoe te neem. By die huis is dit die potensiaal van al die stukkies om die mooie beeld te skep wat ons aanmoedig om die boks oop te maak en die uitdaging aan te pak.

In die boek Joshua word beskryf hoe God en die Israeliete die beloofde land inneem. God se kinders was opgewonde oor die potensiaal van Kanaan, omdat hulle God se belofte geken het. God se belofte aan Abraham was die ‘prentjie op die boks’ waaraan hulle vasgehou het, en na verwys het om voorwaarts te gaan. Daar was verskeie uitdagings wat hulle beeld verdraai het, maar God lei hulle telkens terug. God het ook vir Josua toegerus om die volk te lei om te verseker dat hulle Sy goedheid sal ervaar. 

God se plan sluit jou in. Sluit jou plan(ne) Hom in?

Voorspoed en Seënwense vir 2020.
Andrè

E-pos: andre@sagemeente.com
Selfoon nommer:078 4102 9307
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...