Belofte

 
 
Wanneer ons ‘n legkaart sien, is daar verskeie redes hoekom ons dit in ons hand neem en begin bou. Soms is dit die uitdaging van ‘n klomp aparte stukkies wat deurmekaar lê en slegs met vindingrykheid, geduld en moeite inmekaar gepas kan word om ‘n beeld te vorm wat voor daardie oomblik nie bestaan het nie. Meestal is dit die prentjie op die buitekant van die boks wat ons aantrek en inspireer om hierdie legkaart te koop en huistoe te neem. By die huis is dit die potensiaal van al die stukkies om die mooie beeld te skep wat ons aanmoedig om die boks oop te maak en die uitdaging aan te pak.
 
In die boek Joshua word beskryf hoe God en die Israeliete die beloofde land inneem. God se kinders was opgewonde oor die potensiaal van Kanaan, omdat hulle God se belofte geken het. God se belofte aan Abraham was die ‘prentjie op die boks’ waaraan hulle vasgehou het en na verwys het om voorwaarts te gaan. Daar was verskeie uitdagings wat hulle beeld verdraai het, maar God lei hulle telkens terug. God het ook vir Josua toegerus om die volk te lei om te verseker dat hulle Sy goedheid sal ervaar.
 
God se plan sluit jou in. Sluit jou plan(ne) Hom in?
 
Voorspoed en Seënwense vir 2020.
Andrè

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...