Die Geheim van Kersfees

 
 
Jesus Christus se geboorte en koms na die aarde het, vir elkeen wat in Hom glo, verlossing gebring. Hy het vir ons God se wil en die weg na die ewige lewe kom openbaar. Die stem van die Vader is duidelik deur die Evangelies – "dit is my geliefde Seun, luister na Hom". Die profete in die Ou Testament het dit reeds jare tevore aangekondig deur die Heilige Gees – die Messias sou ons kom red.

Vandag hoor ons steeds van die Vader se wil vir sy kinders; van God se wil vir mense. Wanneer ons die Woord lees ontdek ons ‘n versameling liefdesbriewe wat God aan my en jou geskryf met die oorkoepelende tema – Hy is lief vir elkeen en is teenwoordig in ons. God wil vir ons die pad van verlossing aandui, en die geboorte van Jesus die Verlosser skenk die verlossing aan elkeen wat wil luister.
 
Mag ons altyd en oral luister. Mag elkeen van ons die kennis van God en Sy redding deel, versprei en bevestig. Mag ons stemme in hierdie Kerstyd weerklink en weergalm oor die aarde tot in die hoogste hemele.
 
Soli Deo Gloria
Andrè

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...