KersFees

 
 
Die afgelope paar weke het ons Kerssangdienste beklemtoon hoe daar feesgevier is oor die koms van Jesus Christus. Die verhale tekste en liedere ïllustreer hoe mense in verwagting leef, en hoe elke mens saam kan juig oor die genadige profesie en wonderwerk wat in Betlehem gebeur het.
 
Kersfees is ‘n geleentheid vir ons om fees te vier! Dit is ‘n tyd waarin ons kan bande van liefde en omgee kan bou. Dit is ‘n geleentheid om aan almal te getuig dat die wonderlike genade van God vir elkeen bedoel is.
 
"Kom ons maak soos die herders loof en prys God oor alles wat hulle gehoor en gesien het" (Luk2:20). 
God se belofte, genade en redding is vir jou.
 
Gelukkige advent.
Andrè

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...