Die Gesalfde Christus en Missias
Die Griekse woord
Christus, en die Hebreeuse woord
Messias beteken
Gesalfde.
In die Ou Testament is profete, konings en priesters met olie gesalf as teken dat hulle toegerus is om hulle taak te verrig. Ons Here, Jesus Christus, was deur God gesalf met die Heilige Gees – die Gees het Jesus toegerus om die pad van lyding te loop om die mensdom se verlossing te bewerk.
Daarom is Jesus die Christus. Jesus se lewe het vanaf Sy geboorte in die stal in Betlehem getuig van Sy verlossingswerk. Hy is die Een wat was, wat is en wat weer sal kom.
God se belofte en seën is vir jou.
Geseënde week.
Andrè
Geseënde week.
Andrè
Vorige Briewe
Die prys van woorde | God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde.
More ...
| |
|
Die Woord as Waarheid | Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees."
More ...
| |
|
Jesus se Woorde | Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat.
More ...
| |
|
Die kleur van vergifnis | God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry.
More ...
| |
|
| |
|