Voor die geboorte van Jesus Christus.
Johannes 1:1-3 beskryf die voorgeboorte bestaan van Jesus op ‘n besondere manier
“In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie.”
Met voorgeboorte bestaan bedoel ons dat Jesus al bestaan het voor sy fisiese geboorte in Betlehem. Hy lewe van ewigheid af en is nie gebore met dieselfde beperkinge as enige mens nie. Hy is meer as ons mense. Sy liefde vir ons bestaan al van die skepping af.
God se belofte en verlossing is vir jou.
Geseënde week.
Andrè
E-pos: andre@sagemeente.com
Selfoon nommer:078 4102 9307
Vorige Briewe
Wysheid oor die grysheid. | Gebed…
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE… | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
Winde van verandering. | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| |
|