Wese van goeie dade.


Deuteronomium 6:1-4

Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is, dui op ons verhouding met God as ons Vader en ons as Sy kind.  Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. Vanuit hierdie verhouding kry ons geloofslewe vorm in die praktyk van elke dag. In my ken en liefhê van God, is my vertroue in Hom geanker – ek kan my hele lewe aan Hom toevertrou.

In normale omstandighede vertrou ons maklik. Wanneer ons egter in nood is en Hom die nodigste het, twyfel ons baie keer en maak ons staat op ons eie vermoëns of soek ons hulp weg van God af. Dit is juis in hierdie omstandighede dat ek deur geloof moet en kan vashou aan God en sy belofte: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld (Matt 28:20). 

God is onveranderlik en standhoudend. Die Here se liefde vir jou en my as mens is deur Christus bevestig. Daarom kan ek saam met die Psalmdigter my voluit in die hand van die lewende God oorgee: Ek hou vas aan U troue liefde, oor die uitkoms wat U gee, juig my hart. Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het (Ps 13:6).

God gee om.  Gaan doen jy ook so.
Andrè
E-pos: andre@sagemeente.com
Selfoon nommer:078 4102 9307
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...