Bybelse en Geestelike Rus.


 
Rus is ‘n konsep waarvan ons in die Bybel leer.  In Genesis is dit duidelik dat God vir ons ‘n voorbeeld stel – Hy werk ses dae om die Skepping in plek te stel, waarna Hy op die sewende dag rus en dit as ‘n gereelde rusdag instel. Dit is duidelik dat die Ou- en Nuwe Testamentiese Israel hierdie voorbeeld gevolg het. Selfs al is die Sabbat nou op 'n Sondag, is dit steeds ‘n rusdag vir elke Christen.

Hebreërs 4:10 sê “elkeen wat in die rus van God ingaan, rus van sy werk, net soos God van Syne.” God het bedoel dat gelowige mense moet rus, soos Hy. Tradisioneel het ons ‘n spesifieke manier om ‘n Sondag – rusdag – deur te bring. Dit hou in om God te dien, aan ander mense goed te doen, soms iemand oor te nooi vir ete of te gaan kuier, of selfs net ‘n bietjie skuins te gaan lê. Rus is nie automaties aan Christenskap gekoppel nie en sommiges kan dalk agterbly (Heb 4:1).

Daarom is Hebreërs 4:7  so belangrik – “God het immers weer 'n dag bepaal, naamlik “vandag”…”. As gelowiges moet ons glo en vashou aan God se belofte. Ons moet rus vind in Sy wil. Ons moet vrede vind in die rus wat Hy vir jou voor berei. 

Seën en vrede vir jou.
Andrè
 
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...