Bybelse en geestelike rus

 
 
Rus is ‘n konsep waarvan ons in die Bybel van leer.  In Genesis is dit duidelik dat God vir ons ‘n voorbeeld stel – Hy werk ses dae om die Skepping in plek te stel, waarna Hy op die sewende dag rus en dit as ‘n gereelde rusdag instel. Dit is duidelik dat die Ou- en Nuwe Testamentiese Israel hierdie voorbeeld gevolg het. Selfs al is die Sabbat nou op Sondag, is dit steeds ‘n rusdag vir elke Christen.
 
Hebreërs 4:10 sê “elkeen wat in die rus van God ingaan, rus van sy werk, net soos God van Syne.” God het bedoel dat gelowige mense moet rus, soos Hy. Tradisioneel het ons ‘n spesifieke manier om ‘n Sondag – rusdag – deur te bring. Dit behels om God te dien, aan ander mense goed te doen, soms iemand oor te nooi vir ete of te gaan kuier, of selfs net ‘n bietjie skuins te gaan lê. Rus is nie automaties aan Christenskap gekoppel nie en sommiges kan dalk agterbly (Heb 4:1).
 
Daarom is Hebreërs 4: 7 so belangrik – “God het immers weer 'n dag bepaal, naamlik “vandag”…”. As gelowiges moet ons glo en vashou aan God se belofte. Ons moet rus vind in Sy wil. Jy moet vrede vind in die rus wat Hy vir jou voor berei.
 
Seën en vrede vir jou.
Andrè


 
 
 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...