Waarde van fisiese en psigiese rus

 
 
Die wêreld is besig. Mense hardloop rond om dinge gedoen te kry...en hoe hard mens ookal probeer, die lysie word nie korter nie. Asof dit nie genoeg is nie, wil almal alles dadelik hê of bereik. Alles is besiger en ‘tyd het minder’ geword, alhoewel almal weet dit nie waar kan wees nie.
 
Die Prediker worstel met dieselfde saak in hoofstuk 3. Hy maak dit duidelik – daar is ‘n tyd vir alles. Steeds vra hy die vraag in vers 9 – Wat kry die mense vir die werk waarmee hy hom vermoei?  Sy konklusie is eenvoudig – ons moet elke oomblik spandeer vir God.
 
Die sake wat ons prioritiseer; hoe ons besluite neem; en wanneer ons aan dinge aandag gee is die essensie van ons uitdaging. Anders gestel – ons besluit wat ons doen; wanneer ons dit gaan doen; en hoeveel tyd ons daaraan gaan spandeer. Hierdie basiese beginsel het ‘n impak op jou persoonlike-, gesins- en geestelike lewen en gesondheid.
 
Mag jy tydens hierdie somer-rustyd, tyd spandeer om (weer) te ontdek waaraan, saam met wie jy tyd wil spandeer; hoeveel van jou tyd jy aan wat gaan spandeer; en wat die prioriteite in jou lewe moet en gaan wees.
 
Lekker rus!
Andrè

 
 
 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...